Africa Map Pin
Advanced Search »

 +  T4A GPS Maps on SD Card Online Special! Starts 15-Apr-2024 - until SD Card v24.05 gets released mid May!

When purchasing our current SD Card version 23.10 T4A GPS maps from our ONLINE SHOP ONLY, you will automatically receive SD Card version 24.05 in Mid May 2024 as your free upgrade as well as version 24.10 in October 2024. This offer is only valid for online SD Card purchases from our online shop, from the 15th April 2024 until our new version 24.05 is released in Mid May 2024. Contact our Sales team at [email protected] if you need more information.  

Please note that this special offer does NOT apply to our GPS Maps Download Links (ie. these are yearly subscriptions on our shop), APP or purchases made from Retailers.

Viewpoint Strange Windmill Feature

ID: w232488 View large map

Located in Namibia :: Namib-Naukluft
Category: Attraction :: Viewpoint

Contact
Address :  Namib Naukluft, Namibia

Comments [ leave a comment ]

“Sien Artikel in Die Republikein: 13.04.2012 Die sonderlinge toring van Tiras Enigeen wat met die grondpad van Aus na Helmeringhausen ry, kan nie anders as om dit te sien nie – die reusagtige toring van staal en kabels wat links uit die vlakte verrys kort voor die pad die Tirasberge bereik. Die toring is goed 25 m hoog en is op ’n massiewe fondament geanker. Twee platforms, een sewe meter van die grond en die ander een drie meter hoër, dra elk groot staalhouers met ’n derde platform 15 m van die grond wat die boonste gedeelte van die toring dra. ’n Wiel van geweldige afmetings staan heel bo. Dit bevat egter geen lemme soos ’n gewone windpomp se wiel nie en niks beweeg nie, nie eens wanneer ’n sterk wind waai nie. Is dit dalk een of ander kunswerk? Maar wie het dit gebou – en waarom? “Dit is ’n windpomp wat ek self ontwerp en gebou het,” vertel Siegfried Schnebel tydens ’n onderhoud in sy huis by Brakwater, noord van Windhoek. “’n Ongewone sterk stroom water kom daar slegs 30 m onder die oppervlak voor. Ek wou dit gebruik om boorde en voergewasse te besproei.” “Daar” dui op die plaas Neiseb wat Siegfried in 1985 by sy pa Wilhelm oorgeneem het. Die feit dat dit ’n waterryke plaas was, was reeds gedurende die koloniale tydperk bekend. “In daardie dae was putte vir osse gegrawe waarmee transport gery was. Die onderste houer op die toring was deel van die watertrog vir die osse en is gemaak van 5 mm staalplaat.” Terwyl sy pa nog die plaas besit het, is 60m³ water per uur gemaklik gepomp sonder om enige merkbare invloed op die watertafel te hê. Dit was voor die hand liggend dat hierdie water met vrug gebruik kon word. Wilhelm Schnebel het reeds 400 sitrusbome, 50 sultana wingerdstokke, 700 turksvybome (ideale veevoer) en ’n bietjie lusern geplant. “Dadelpalms het soos onkruid gegroei,” vertel hy. “Die probleem is dat ’n kragtige enjin nodig is om die water na die oppervlak te pomp en dit sou nie die moeite werd wees om kleiner windpompe by verskeie kleiner boorgate op te rig nie,” verduidelik die 77-jarige. Die grootste windpompe in die mark was egter nie bestand teen die sterk winde wat in daardie omgewing gewaai het nie, sê hy. “Ek het dus met ’n windpomp van my eie vorendag gekom, een wat spesifiek aan die vereistes van my plaas sou voldoen.” ’n Groot wiel was nodig om die gevraagde volume water te lewer. “Hoe groter die wiel, hoe groter die probleme tydens winderige toestande,” sê hy. ’n Standaard wiel met metaal lemme was nie ’n opsie nie aangesien dit te onbuigsaam was. “Alles sal werk indien slegs ’n ligte wind waai. Ten einde sterk winde te kan hanteer, moet die hoeke van die lemme in die rigting van die wind verstel kan word om die druk op die toring te verlig.” Metaal lemme sou die wiel egter te swaar gemaak het. “Ek het derhalwe staalpype slegs vir die wiel se rand en as gebruik; die speke is van ligte staaldraad gemaak met seildoek wat aan die drade vasgemaak is. Dit het die wiel se gewig ten spyte van die deursnee van 9,5 m, tot ongeveer 100 kg verminder,” verduidelik Schnebel met ’n tikkie trots. Om die seildoeke sterk genoeg te maak om beide sterk en ligter wind te hanteer, was dit in twee sirkels aangebring. Die binneste sirkel se hoek waarteen die wind dit tref, was 10 grade terwyl die buitenste sirkel met 45 grade na die wind gedraai was. Siegfried verduidelik verder: “Weens die groter invloed van die seile in die binneste sirkel, druk dit die wiel wanneer die wind sterk waai, terwyl die buitenste sirkel dit in beweging hou wanneer ’n ligte wind waai.” Die lemme van ’n gewone windpomp is teen 10 grade gestel en draai uit die wind wanneer dit te sterk waai. Die ongewone lang as van sy windpomp dien ook ’n doel: aangesien dit met staaldraad aan die bokant van die rand vasgemaak is, bly dit stabiel en verhoed dat die seildoek soos ’n sambreel na buite dop wanneer sterk windvlae voorkom. Stabiliteit is ook die belangrikste aspek van die res van die toring. “Die fondament is 10m², twee meter diep en bestaan uit klippe wat sorgvuldig gepak en met dwars-ysterstange versterk is om die vertikale staalpilare te stut. Die toring weeg in totaal 50 ton wanneer beide waterhouers vol is,” vertel Siegfried. Volgens sy skatting is die hoogte van sy windmeul net onder 25 m. “Die wiel se as is ongeveer 20 m bo die grond.” Koste was tydens die konstruksie ook ’n belangrike oorweging. “Aangesien die plaas nie soveelgeld opgelewer het nie, het ek probeer om die materiaal so goedkoop as moontlik in die hande te kry. Die meeste daarvan het ek in my broer se skrootwerf gevind. Hy het ’n slotmakery op Lüderitz en later in Windhoek bedryf.” Die bouwerk was sonder tekeninge of skaalmodelle aangepak. “Ek het bloot ’n bietjie geëksperimenteer volgens die proefmetode.” Sy eksperimente het egter nie bloot op toeval berus nie. Hy het wiskunde by die universiteit van Stellenbosch gestudeer en ’n MSc-graad behaal waarna hy vir jare in wiskunde, fisika en chemie by die Duitse skool op Lüderitz klasse onderrig het. In 1997 was sy windpomp feitlik gereed en slegs die besproeiingstelsel moes aangelê word. Die plaas het steeds nie ’n groot opbrengs gelewer nie en Siegfried het gedwonge gevoel om dit van die hand te sit. Die reusewindpomp het gevolglik nooit tot sy reg gekom nie, hoewel hy dit eenkeer vir ’n NBC-televisieopname aan die gang gesit het, welke dokumentêr in 2001 vertoon was. Vandag is die toring, die sitrusbome en turksvylanings al wat oorgebly het van die boorde wat eens aan die voet van die Tirasberge op die rand van die Namib sou gegroei het. Op die buurplaas aan die oorkant van die pad is ook ’n klein padkafee wat op die treffende staalstruktuur uitkyk, maar wat sedertdien gesluit is. Menige reisiger hou stil en reik na sy kamera. Geen wonder nie. Op die grasvlakte kom die kolossale konstruksie van gesweisde skrootmetaal voor soos die futuristiese werk van ’n eksentrieke kunstenaar. Wie weet, dit mag wel eendag ’n toeriste- aantrekking word – as die Sonderlinge Toring van Tiras. Druk Artikel Skryf aan Redakteur Deel met 'n vriend ” - Ray Dumas, 2012/04/13

Extras [ add media ]

Be the first to submit a link or media file

Padkos Links [ submit a link ]

Be the first to submit a link

Disclaimer: Please note that the Tracks4africa content is researched continuously and the data is updated regularly. Although we endeavour to keep our information as up to date as possible, this is not always possible due to the high volume of listings on our database. Therefore, please treat our information as a guide and reconfirm important items with establishments directly. Please help other travellers, by helping us to keep our data up to date, by submitting data corrections.