Africa Map Pin
Advanced Search »

 +  T4A GPS Maps on SD Card Online Special! Starts 15-Apr-2024 - until SD Card v24.05 gets released mid May!

When purchasing our current SD Card version 23.10 T4A GPS maps from our ONLINE SHOP ONLY, you will automatically receive SD Card version 24.05 in Mid May 2024 as your free upgrade as well as version 24.10 in October 2024. This offer is only valid for online SD Card purchases from our online shop, from the 15th April 2024 until our new version 24.05 is released in Mid May 2024. Contact our Sales team at [email protected] if you need more information.  

Please note that this special offer does NOT apply to our GPS Maps Download Links (ie. these are yearly subscriptions on our shop), APP or purchases made from Retailers.

Namibië en Botswana Self-ry Gidse 

So, wat maak die Tracks4Africa reisgidse so spesiaal? Die T4A gemeenskap reis wyd en ver; nie per luukse bus of safari voertuig nie. Omdat hulle avontuurlustig is, ontdek hulle Afrika met hul eie wiele.

Soms reis hulle in groepe en soms alleen, maar altyd per motorfiets, sedan of viertrek voertuig. Daarom is hierdie reisgidse spesifiek op self-ry reisigers gerig.  

Enige toeris wat self ry, wil vyf goed weet:

  1. Waar om te slaap.
  2. Waar om brandstof te kry.
  3. Wat om te sien en doen.
  4. Waar om voorrade te koop.
  5. Wat om te doen in geval van nood.

As jy die Tracks4Africa Self-Drive Guide byderhand het, sal jy antwoorde vir al hierdie en nog meer vrae hê.

As jy nog nie baie in Afrika gereis het nie, sal hierdie gidse jou help om jouself deeglik voor te berei vir jou reis. Tracks4Africa het ‘n groot gemeenskap van ervare reisigers wat graag hul kennis met mede reisigers deel.

Gebaseer op hul ervaring gee hierdie gidse raad oor hoe om jou reis te beplan, navigasie, die voorbereiding van jou voertuig, toerusting benodig om in afgeleë gebiede te reis en hoe om kommunikasie met die buitewêreld te behou wanneer jy op die pad is.  

Voordat jy Afrika aanpak, moet jy jouself vergewis van veiligheidskwessies en voorkomende maatreëls. Jy moet bewus wees van padtoestande en weet hoe om moeilike paaie te bestuur. So is daar ook sekere gesondheidsrisiko’s waarvan jy bewus moet wees.

Dit kan ‘n groot beslommernis wees om deur grensposte te gaan, veral as jy nie goed voorbereid is en die regte dokumentasie het nie. Kan jy jouself indink hoe vies jy gaan wees as jou heerlike, ryp biefstuk wat jy al die pad van die huis af saamgery het, by ‘n veeartslyn kontrolepunt gekonfiskeer word?! Al hierdie kwessies word in detail in die gidse bespreek.

Selfs reisigers wat van die buiteland af in vlieg en ‘n voertuig huur om mee rond te ry, word in die gidse in ag geneem. Daar is baie slaggate waarvan mens bewus moet wees wanneer jy ‘n voertuig huur. Hierdie slaggate word bespreek en daar is ‘n lys met verhuringsmaatskappye om van te kies. 

Inhoud van die Self-ry gidse:  

  • Algemene inligting oor elke land
  • Veiligheid en voorkomingsmaatreëls
  • Reisbeplanning
  • Navigasie  
  • Hoe om jou voertuig voor te berei vir reise na afgeleë gebiede
  • Kommunikasie
  • Vereistes en dokumentasie benodig vir grensposte
  • Veeartslyne en Bek-en-Klouseer  
  • Gesondheid  
  • Slaggate wanneer jy ‘n 4x4 voertuig met kamptoerusting huur
  • Hoe om jou vakansie interessanter te maak
  • Goed waarsonder jy nie moet gaan nie 

Wanneer jy goed voorbereid en goed ingelig is, kan jy werklik die ongerepte skoonheid van Afrika geniet! Die Tracks4Africa reisgemeenskap het hul gunsteling plekke en besienswaardighede in hierdie gidse met jou gedeel. 

Reisstreke in Namibië wat gedek word: 

  • Boesmanland
  • Sentraal Namibië
  • Damaraland
  • Erongo
  • Etosha
  • Gobabis
  • Kaokoland
  • Kavango
  • Namib-Naukluft
  • Noord-Namibië
  • Ovamboland
  • Skedelkus
  • Suid-Namibië
  • Sperrgebiet
  • Zambezi (Caprivi) 

Reisstreke in Botswana wat gedek word: 

  • Sentraal Kalahari
  • Chobe/Kasane
  • Oos-Botswana/Tuli
  • Hunter’s Road
  • Kgalagadi
  • Makgadikgadi
  • Okavango/Moremi
  • Suid-Botswana
  • Wes-Botswana 

Onder hierdie reisstreke word 72 dorpe of bestemmings (sommige is Nasionale Parke of Wildreservate) in Namibië en 42 in Botswana gedek. Elke dorp of bestemming het ‘n algemene beskrywing wat bietjie agtergrond oor die dorp gee, asook ‘n reisigersbeskrywing. Elke kamp of verblyfplek wat met die betrokke dorp verbind word, word op ‘n straat- en/of distrikskaart aangedui sodat reisigers presies kan sien waar hulle geleë is.

Elkeen van hierdie dorpe of bestemmings is deeglik nagevors om die vrae wat ‘n self-ry reisiger sal vra, te beantwoord. Deur duidelike en eenvoudige illustrasies kan jy met oogopslag sien of daar brandstof in die dorp beskikbaar is, of dit moontlik is om motor herstelwerk te laat doen, mediese sorg te kry, voorrade te koop, kontant te trek, jou wasgoed te laat was en of daar selfoon opvangs is.  

Die Namibië reisgids lys 899 kamp- en verblyfplekke en die Botswana reisgids 308 plekke. Vir elkeen van hulle is daar aangedui wat hul kontakbesonderhede en tariewe is, watter fasiliteite hul beskikbaar het en watter aktiwiteite aangebied word.   Die naaste dorp en die afstand, reistyd en rigting vanaf die dorp word ook aangedui. 

Boonop het die T4A gemeenskap mede-reisigers bederf met waardevolle wenke oor elke onderwerp wat in die reisgidse gedek word. Aangesien hulle ervare reisigers is, is dit die soort van wenke wat ‘n wesenlike verskil kan maak aan die sukses van jou reis en die genot wat jy daaruit put. 

Die afstandstabelle dui nie net afstande tussen dorpe aan nie, maar ook die reistye. Betroubare reistye is Tracks4Africa se sterkpunt en dit is noodsaaklike inligting wanneer mens in Afrika reis.

 

Namibia Self-Drive Guide

Aantal bladsye: 591

Gepubliseer deur: Tracks4Africa

ISBN 978-0-9921829-6-0

Prys: R299 BTW ingesluit.

 

Botswana Self-Drive Guide

Aantal bladsye: 348

Gepubliseer deur: Tracks4Africa

ISBN 978-0-9921829-5-3

Prys: R299 BTW ingesluit.

 

Loer gerus na die webblaaie van die Namibië en Botswana boeke om ‘n voorsmaak van die boeke te kry.  

Die Self-ry gidse is beskikbaar by bekende buitelewe, kamp en viertrek winkels regoor Suid-Afrika en kan ook aanlyn bestel word by www.tracks4africa.co.za